Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Riana Scheepers

@ Sunday Times Books LIVE

About Riana Scheepers

Riana ScheepersWilhelmina Adriana (Riana) Scheepers is op 9 Desember 1957 op Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. Sy matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool Vryheid. Sy behaal die grade B.A. Kommunikasiekunde, B.A. Hons en M.A. (Afrikaans) – almal cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat. Sedertdien was Riana dosent by die Universiteit van Zoeloeland en Kaapstad, skakelredakteur by Tafelberg Uitgewers en onderwyser by Paul Roos Gimnasium.

In 1997 behaal sy ’n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad.

Riana debuteer in 1990 met die kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat met die ATKV- en FAK-prys bekroon word. In 1992 ontvang sy die Eugène Marais-prys vir haar tweede bundel, Dulle Griet. Sedertdien is haar boeke topverkopers, in Suid-Afrika en in die buiteland.

 

Please register or log in to comment